Saterdag was dit Martin en Clarice se mooiste dag! Die swart-en-wit tema was pragtig en La Petite Auberge was soos gewoonlik prentjie-mooi.
My Storie…soos deur foto’s vertel…
Een universele taal wat almal verstaan…die storie soos deur foto’s vertel! Geen spesiale taalvaardigheid of vermoë om ‘n taal suiwer te praat en te verstaan nie…want fotografie praat met jou hart en jou emosies, dit deel ‘n stukkie van iets wat die fotograaf probeer vasvang het juis op daardie oomblik! My storie is eenvoudig: dit gaan oor ‘n land met ongelooflike mooi landskappe, die natuur soos wat net ‘n Afikakind dit ervaar…’n stukkie van die skepping wat so volmaak is en ver bo die vermoë van ons denkwyse funksioneer!
Belfast Akademie Matriekafskeid – Dunkeld, Dullstroom
‘n Prentjiemooi plek…lieflike weer en pragtige matrieks wat die besonderse aand vir altyd sal onthou! Al die foto’s is beskikbaar, vir herbestellings kan julle gerus gaan kyk op www.afripix.co.za
Francios en Marga
“As I have practiced it, photography produces pleasure by simplicity. I see something special and show it to the camera. A picture is produced. The moment is held until someone sees it. Then it is theirs.”
Die liefde is ‘n wonderding. ’n Magiese paradoks. Soms kwaai, soms skertsend. Soms teer. Altyd misterieus…Kathleen Keating
‘n Familietroue beteken vir ons werk en op jou voete dink … terwyl die res kuier. In teenstelling met die lus om saam met almal te kuier, is dit ‘n voorreg om dié dag vas te vang vir ewig! Francios en Marga, hierdie dag is julle s’n vir altyd … die foto’s is julle herinnering aan dag en tyd wat julle lewe verander het … jul kiekies tot oudag toe! Lucas Maree se kiekies draai in my kop en ek dink so aan Ma wat heeltyd met die familiefoto’s besig is … dis ‘n lewensinventaris, bring vertroosting, ‘n bewys dat jy daar was!
Geniet julle foto’s!
Kiekies
My kiekies is verwysings, my lewensinventaris
Die ensiklopedie van my bestaan
My kiekies is bewyse vir die feit dat ek ook daar was
’n prentjiekommentaar wat mý beaam
Daar is komedie in my kiekies, ’n skaterlag betraan
deur die afstand tussen destyds en vanaand
Daar is ritme in my kiekies, ’n patroon wat hom herhaal
in die kom en gaan en wegbly van gesigte
Ek verdwaal deesdae so dikwels in die blaaie van my boek
soek die sleutel van my hart onder die stof
In my pelgrimstog na gister blaai my wisselstroom gemoed
deur die ou bekende name in my boek
My kiekies bring vertroosting as die toekoms my kom soek
in my halfgeboude droomkasteel vanaand
maar daar’s net een probleem met kiekies,
en die gom van plakdriehoekies
want die gaping tussen kiekies
maak my bang…
- Lucas Maree
In herinnering aan Oom Burt van der Walt
Photography is a way of feeling, of touching, of loving. What you have caught on film is captured forever… it remembers little things, long after you have forgotten everything. Aaron Siskind
Ek het vandag so gewik en geweeg tussen neem ek foto’s of nie? En ek is dankbaar-bly dat ek dit wel gedoen het! Daar was soveel familie wat so selde by mekaar uitkom…ek dink dit nie dis uit vrye wil die keuse nie, maar veel eerder ‘n sameloop van ons lewensomstandighede…
Oom Burt was so wonderlike sagte mens en ek is seker dat elkeen wat hom ontmoet het, sal een of ander staaltjie kan vertel. Sy lewe het getuig van ware omgee, van ‘n pa wat daar was, ‘n oupa wat altyd tyd gehad het om die klein dingetjies vir die kinders te wys en ‘n man wat met sy een groot liefde getrou het – tannie Rita!
Begrafnis is so emosioneel…hartseer…trane… en ‘n mens dink so baie aan al die ander geliefde mense wat ook nie meer daar is nie, maar nog steeds in ons harte leef! Ek kyk en wonder – die Here alleen ken ons pad, die toekoms…
Solank ons mekaar liefhet en die gevoel van liefde onthou, kan ons doodgaan sonder om regtig weg te gaan. Al die liefde wat jy beleef het, is steeds daar. Jy leef voort in die hart van elke mens wat deur jou liefde en omgee geraak is.
Dankie Abba Vader dat U ons vashou, in U hand plaas ek my lewe!
William en Elfrieda Familie shoot
Is hierdie nie die mooiste poppie nie, met ‘n ewe mooi boeta! Die onskuld van ‘n kind is kosbaar, staan stil en waardeer dit!
People are so wonderful that a photographer has only to wait for that breathless moment to capture what he wants on film. Weegee
Kalender 2009
Aan die einde van 2009 het ons besluit om kalenders te maak vir die familie-kersfees. Soos wat ek dit vir vriende gewys het, het daar al meer en meer bestellings ingekom, soveel so dat ons dit toe verkoop het. Die inspirasie is vir dit was wat die Here op ons hart gelê het en dan het ons vir dit ‘n foto gaan neem. Dis nogal ‘n uitdaging om die regte foto te vind! Geniet dit, miskien is 2011 dalk weer ‘n kalenderjaar??
What is right? Simply put, it is any assignment in which the photographer has a significant spiritual stake… spiritually driven work constitutes the core of a photographer’s contribution to culture. William Albert Allard
Laerskool CR Swart Revue – Sept 2011
Tasse vol gisters….’n puik produksie onder die bekwame hand van Daleen Frazao en haar seun Shaun. Hierdie produksie vat jou terug na Elvis se dae, Grease en na die hedendaagse Kurt Darren se Kaptein…Wat ‘n voorreg om met more se belofte te werk, die kindergesiggies…blink ogies en lyfies wat ritmies wikkel…
Ons was bevoorreg om die revue op film vas te lê en so dan ook die program te doen.
“To me, photography is an art of observation. It’s about finding something interesting in an ordinary place… I’ve found it has little to do with the things you see and everything to do with the way you see them.”Elliott Erwitt quotes
George en Maryke 5 November 2010
George en Maryke(Pebbles) is ‘n liefde wat al van skooldae af kom…en die 2 is nog net so verlief! Dis so maklik om ‘n paartjie af te neem wat so spontaan is met mekaar!
“Photography is a way of feeling, of touching, of loving. What you have caught on film is captured forever…it remembers little things, long after you have forgotten everything.” Aaron Siskind quotes
Leandri Henning 21 ste – 15 Januarie 2011
André en Joenita is 2 dierbare mense, so ook hulle kinders, Joenita en Leandri. Ons het Joenita se troue ook afgeneem, maar nou was dit kleinsus se beurt met haar 21ste verjaarsdag. Pragtige mense en ‘n wonderlike geleentheid!




































































































































































































































































































































